Nasionale Hoërskole-atletiekbyeenkoms – Hoër Meisieskool se atlete het die afgelope naweek aan die Nasionale Hoërskole-atletiekbyeenkoms in Bloemfontein deelgeneem. Hulle met puik vertonings die skool se naam hoog gehou.
Die volgende atlete het presteer:
- Karla Kock het geskiedenis gemaak. Sy het die silwermedalje in die diskus (o.17) verower met ’n afstand van 41.76 m. Sy is die eerste Oranjeniet in minstens 15 jaar om ’n medalje in dié item te wen. Karla het boonop ’n sterk vierde plek in die gewigstoot behaal.
- Mienke Botha het haar bronsmedalje van verlede jaar in die 400 m (o.17) herhaal. Met ’n tyd van 56.10 sekondes, was dit net ’n haartjie agter die tweede plek. Sy was ook deel van die Vrystaat o.17-span wat ’n tweede plek in die Sweedse aflos behaal het. Sy eindig sesde in die 200 m.
- Elizabeth Fick (o.19) het weer haar plek op die podium bevestig. Sy behaal ’n derde plek in die 400 m in ’n tyd van 56.93 sekondes. Elizabeth het verder ’n sleutelrol gespeel in die Vrystaat o.19-span wat die 4×400 m-wedloop gewen het. Dis ’n merkwaardige prestasie vir iemand wat eers verlede jaar begin het om in die 400 m te kompeteer.
Met drie medaljewenners en verskeie topplasings kan die Oranjeniete met trots terugkyk op ’n byeenkoms wat hul talent en deursettingsvermoë duidelik uitgelig het.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








