Nasionale ATKV-Redenaars. Hoërskool Stellenberg skitter op nasionale verhoog!
Hoërskool Stellenberg, Kaapstad, is uiters trots op twee van hul briljante redenaars wat hul merk gemaak het by die Nasionale ATKV-Redenaarskompetisie. Dit is ‘n prestige geleentheid wat die beste jong sprekers in die land saambring.
Petrus de Swardt (Graad 9) en Marlu Odendaal (Graad 12) het nie net Hoërskool Stellenberg nie, maar ook die hele Wes-Kaap met trots verteenwoordig in die nasionale eindrondte van hierdie hoog aangeskrewe kompetisie.
’n Spesiale applous aan Marlu, wat ’n indrukwekkende 13de plek in die senior afdeling behaal het — ’n prestasie wat getuig van harde werk en toewyding.
🌟 En dan, ’n reuse skouspelagtige gelukwensing aan Petrus, wat as die algehele wenner in die junior afdeling gekroon is! Wat ’n ongelooflike prestasie!
Stellies is uiters trots op julle albei. Julle het gewys wat Stellenberg-redenaars kan vermag — met passie, insig en uitsonderlike talent.

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








