Baie geluk aan Carla Krüger en Henco Bester van Laerskool Outeniqua in George wat genooi is om aan die Jong Musikantekonsert op 1 Junie deel te neem. Carla het ‘n pragtige prestasie behaal met haar Dwarsfluit en Henco het almal betower met sy sang-item, “Everybody wants to be a cat”. v.l.n.r. Henco Bester, Carla Krüger