Heart Health

Musiekkonsert – Gereformeerde Skool Dirk Postma

Musiekkonsert. Die Gereformeerde Skool Dirk Postma in Pretoria bied ‘n musiekkonsert aan, “Reis Terug in Tyd”. Hierdie jaar se tema is “Terug in Tyd – Van Toeka tot Nou.” Dit beloof om jou op ‘n nostalgiese reis deur die geskiedenis van musiek te neem.

Die konsert vind plaas op Vrydag, 26 Julie om 18:00 en 27 Julie om 10:00 by Doxa Deo, Ben Swartstraat 1245, Môregloed, Pretoria. Hierdie opwindende geleentheid is geïnspireer deur die behoefte om kinders te leer oor ouer saamsingliedjies en die ryk geskiedenis van musiek. Mev. Mari-Susan van Straten en mev. Arina Linde is die skrywers van die konser. Hulle het verskeie musiek-eras ondersoek, insluitend die ontwikkeling van volkspele en boeredanse. Europese danse soos die wals en polka het ‘n unieke vorm in Suid-Afrika aangeneem. Dit is as deel van boeremusiek en het later as volkspele geklassifiseer.

Doel van die konsert

Die doel van die konsert is om musiek van verskillende generasies te vier. Dit het ook ten doel om kinders te wys hoe musiek oor die jare verander het. Die musiekkeuses pas by die ouderdom van die deelnemers en ou liedjies kry ‘n nuwe baadjie. Musiek bring mense bymekaar en skep ‘n gevoel van familie, met almal wat saam sing en lag.

Die program is sorgvuldig beplan om ‘n meesleurende ervaring te bied. Dit dek dekades van musiek, vanaf volkspele en boeredanse tot hedendaagse treffers. Die konsert begin met Oupa en Ouma wat terugdink aan hul verlede en hul ontmoeting. Dít gebeur terwyl hul kleinkinders met moderne musiek daar  kuier. Hierdie tydreis neem die gehoor deur musiektendense van die 1900’s tot vandag. Dit sluit musiek van Elvis Presley, Abba en Kurt Darren in.

Mev. Lizari Smit, wat die dekor hanteer, deel dat dit ‘n uitdaging was om kinders te help om haar visie te verstaan, maar hulle het hulself goed van hulle taak gekwyt. Na die nodige beplanning het die graad 5-7 leerders hard gewerk aan die dekor, selfs gedurende die vakansie, om alles betyds gereed te kry.

Verskeie talente

Die konsert bied ‘n platform vir verskeie talente soos teken, verf, dans, sang en drama. Kinders kry die geleentheid om uit te blink en hul vaardighede aan die gehoor te wys, met graad 7’s wat die hoofrolle speel in hul laaste laerskoolkonsert.

Die skool hoop dat die konsert ‘n positiewe impak sal hê op die skoolgemeenskap en deelnemers, soortgelyk aan vorige suksesvolle konserte. Hierdie konsert beloof om ‘n prettige en onvergeetlike ervaring te wees wat die gemeenskap bymekaarbring en ‘n liefde vir musiek aanwakker. Die koördineerders verseker dat die konsert beide deelnemers en gehoor sal aanspreek deur musiek te kies wat in almal se smaak val en hul voete laat jeuk.

Kaartjies vir die konsert is beskikbaar by die skoolkantoor. Vir verdere inligting, kontak die skoolkantoor by 012 332 3222. Kom geniet ‘n musiekreis deur die geskiedenis met die Gereformeerde Skool Dirk Postma se “Terug in Tyd – Van Toeka tot Nou”-konsert en beleef die vreugde van musiek wat generasies oorbrug.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.gsdp.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die week – Thought of the week

Gedagte vir die week – Thought of the week. Julle wat nie eers weet hoe julle lewe môre sal wees nie! What do you know about tomorrow?

Eden Hokkie IPT – Hoërskool Punt presteer

Eden Hokkie IPT. Sportsterre skitter in Pietermaritzburg! Danica Bronn, ’n briljante hokkiespeler van Hoërskool Punt in Mosselbaai, het van 7 tot 13 Julie met groot entoesiasme Eden se o.16-span by…

Leave a Reply

You Missed

Gedagte vir die week – Thought of the week

Gedagte vir die week – Thought of the week

Eden Hokkie IPT – Hoërskool Punt presteer

Eden Hokkie IPT – Hoërskool Punt presteer

World Lyrical Dance – Hoërskool Wesvalia

World Lyrical Dance – Hoërskool Wesvalia

XCM Fietswedren – Hoërskool Swartland presteer

XCM Fietswedren – Hoërskool Swartland presteer

U18 Hockey Nationals – Michaelhouse makes their mark

U18 Hockey Nationals – Michaelhouse makes their mark

Tonbridge Fees – Dag 3 – Grey Kollege teen Tonbridge

Tonbridge Fees – Dag 3 – Grey Kollege teen Tonbridge