
Grey Brakkies tot Springbokke. Van Grey “Brakkies” tot Springbokke. André-Hugo Venter en Jan-Hendrik Wessels is van Graad 1 af groot vriende – en môre, 20 Julie, maak hulle saam hul debuut as Springbokke! Hierdie twee manne draf môre saam op die veld in die wedstryd teen Portugal.
André-Hugo se pa, is ook ‘n oud-Grey. André-Hugo en Jan-Hendrik Wessels het ook saam vir Grey se 1ste rugbyspan gespeel.
Nog ‘n Oud-Grey en Springbok, wat natuurlik geen bekendstelling nodig het nie, Cobus Reinach.
Alle oë gaan dus Saterdag vasgenael wees op hierdie drie oud-Greys. wat by die Springbokspan ingesluit is vir die wedstryd teen Portugal in Bloemfontein!
- 1. Jan-Hendrik Wessels
- 9. Cobus Reinach
- 16. André-Hugo Venter
Meer skolenuus: https://www.schoolsthatrock.co.za/
https://greycollegesecondary.com/
Foto’s verskaf