Musiekakademie. Hoërskool Sentraal en Musiek Akademie (SMA) leerders het erkenning ontvang tydens die ABRSM-uitnodigingskonsert
Drie leerders van Hoërskool Sentraal en die Musiekakademie van Sentraal het Sondag, 6 November, in die Odeion opgetree. Dit was tydens die “High Scorer’s Concert”, waarheen leerders van die Vrystaat en Noord-Kaap genooi is. Slegs leerders met ‘n prestasie van 90% en hoër in die eksterne eksamen van ABRSM word na die prestige konsert uitgenooi.
Sentraal se leerders wat tydens die Musiekakademie se konsert opgetree het:
- Josh Faber (Sang) Onderwyser W. Stander
- Ulrich Brand (Klavier ) Onderwyser H. Schoeman
- Anneke Wolvaardt (Klavier) Onderwyser H. Schoeman.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf