MTB Skolereeks. Gedurende die afgelope naweek het Hoërskool Witteberg se fietsryspan deelgeneem aan die tweede been van die plaaslike MTB Skolereeks. Die reeks bestaan uit vier byeenkomste. Die span het 14 ryers ingesluit: nege seuns en vyf dogters. Die dag het taai kompetisie van regoor die Vrystaat opgelewer.
Witteberg het die voorreg gehad om saam met hul buurskole die MTB Skolereeks aan te bied.
Uitslae van die dag:
Junior Men
- AW Burgers: 8ste plek
Sub Junior Men
- Jake Kriel: 3de plek
- Kyle Nel: 4de plek
Youth Men
- Wessel Campher: 8ste plek
- Pedri Grobler: 9de plek
- Hendrik Rautenbach: 11de plek
- AJ Erasmus: 13de plek
- Hanjo Ferreira: 19de plek
- Marco Jordaan: 23ste plek
Junior Women
- Basetsane Tsolo: 4de plek
Sub Junior Women
- Inge Van Heerden: 1ste plek
- Danica Austin: 2de plek
- Jemma Orsmond: 3de plek
Die dogters het ook die aflos gewen, en die seuns het algeheel tweede geëindig.








Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf










