HoĆ«rskool Monument, (Monnas) in Krugersdorp, se eerste krieketspan het as Gauteng-Wes ligawenners uit die stryd getree toe hulle in die eindstryd die verdedigende kampioene, HoĆ«rskool Noordheuwel (Nories), op hul tuisveld met 5 paaltjies geklop het.Ā Monnas het 181/5 lopies aangeteken Ā terwyl Nories net daarin kon slaag om 180/10 lopies aan te teken.Ā Monnas se Brandford Hees het 50 lopies (nie uit nie) aangeteken terwyl Nathan Hoffman (nie uit nie) en Dylan Lues elk 25 lopies aangeteken het.
Monnas se afrigter, George Engelbrecht sĆŖ hy het die seuns ān week voor die wedstryd al begin motiveer met boodskappe wat hy elke dag aan sy spanlede gestuur het.Ā āEk het hulle aangemoedig om nie op die opponent te fokus nie maar eerder op hul strategie en tegniek.Ā Die seuns se fokus was merkwaardigā, het Engelbrecht bygevoeg.Ā Engelbrecht spog met ān Krieket Suid-Afrika vlak 3 afrigtingssertifikaat.Ā Die span is ook bevoorreg om te kan gebruik maak van Alwyn Vorster se krieketkennis en ervaring as amateurskrieketspeler (Vrystaat, Westelike Provinsie en Natal) en Krieket Suid-Afrika vlak 2 afrigter.
DiĆØ kampioenspan dring nou deur na die Noordvaal āreeks waar hulle Saterdag,Ā 21 Oktober die eerste wedstryd teen Dr. E.G Jansen speel.
Op die foto bo:
Agter v.l.n.r.:Ā Nathan Hoffman, Riaan Delport, Renato Di Emidio, Duane Grobler, Tylin Clark, Alwyn Vorster (Afrigter), George Engelbrecht (Afrigter), Warren Paterson, Diederik Botha, Bradford Hees.
Voor v.l.n.r.:Ā Tian Ehlers, Shaun Daniels, Dylan Lues, Ethan Klassen