)

Monnas se eerste krieketspan wen Gauteng-Wes liga

Hoërskool Monument, (Monnas) in Krugersdorp, se eerste krieketspan het as Gauteng-Wes ligawenners uit die stryd getree toe hulle in die eindstryd die verdedigende kampioene, Hoërskool Noordheuwel (Nories), op hul tuisveld met 5 paaltjies geklop het.  Monnas het 181/5 lopies aangeteken  terwyl Nories net daarin kon slaag om 180/10 lopies aan te teken.  Monnas se Brandford Hees het 50 lopies (nie uit nie) aangeteken terwyl Nathan Hoffman (nie uit nie) en Dylan Lues elk 25 lopies aangeteken het.

Monnas se afrigter, George Engelbrecht sê hy het die seuns ‘n week voor die wedstryd al begin motiveer met boodskappe wat hy elke dag aan sy spanlede gestuur het.  “Ek het hulle aangemoedig om nie op die opponent te fokus nie maar eerder op hul strategie en tegniek.  Die seuns se fokus was merkwaardig”, het Engelbrecht bygevoeg.  Engelbrecht spog met ‘n Krieket Suid-Afrika vlak 3 afrigtingssertifikaat.  Die span is ook bevoorreg om te kan gebruik maak van Alwyn Vorster se krieketkennis en ervaring as amateurskrieketspeler (Vrystaat, Westelike Provinsie en Natal) en Krieket Suid-Afrika vlak 2 afrigter.

Diè kampioenspan dring nou deur na die Noordvaal –reeks waar hulle Saterdag,  21 Oktober die eerste wedstryd teen Dr. E.G Jansen speel.

Op die foto bo:

Agter v.l.n.r.:  Nathan Hoffman, Riaan Delport, Renato Di Emidio, Duane Grobler, Tylin Clark, Alwyn Vorster (Afrigter), George Engelbrecht (Afrigter), Warren Paterson, Diederik Botha, Bradford Hees.

Voor v.l.n.r.:  Tian Ehlers, Shaun Daniels, Dylan Lues, Ethan Klassen

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal