Hoërskool Monument van Krugersdorp het Engeland se voorste rugbyskool, Hartpury-college van Gloucester Dinsdag in Stellenbosch met 32-21 geklop.
Die Wit Bulle het hul kaptein en Cravenweek agtsteman, Izan Esterhuizen vroeg met ‘n kniebesering verloor. Die afrigter, Tjaart van der Walt, het ‘n haas uit die hoed getrek met sy plaasvervanger, Ethan Snyman, wat sy aandele laat styg het.
Snyman het een van Monnas se vyf drieë gedruk.
Die aangewese kaptein Henco van Wyk is as Speler van die Wedstryd aangewys. Die vleuel Luan van der Walt, Jakkie van der Walt se seun, was ook uitstekend. Van der Walt het twee keer gedruk.
Die vleuel Kagiso Nyamande het ook gedruk.
Die losskakel Byron Wentink het twee drieë verdoel en met ‘n strafdoel geslaag.