Hoërskool Strand van Kaapstad het 5 atlete na die SA Skole Atletiekkapmpioenskap gestuur. Die kampioenskap het plaasgevind Port Elizabeth vanaf 21 -23 Maart. Die 5 Arend-atlete het met drie medaljes huistoe gekom.
- Marli Botha (D.17 – hamergooi) het met ‘n yslike poging van 50,23m die brons medalje ingepalm.
- Kristin Meyer (D.19 – 10 000m stap) het ook ‘n brons medalje verower – met ‘n tyd van 57:46,92.
- In die 4 x 400m aflos vir S.19 het Dewald de Koker (foto bo:) meegehelp om ‘n silwer medalje vir die Wes-Kaap in te oes.
- Dewald het ook in die 400m ‘n silwer medalje ontvang.
Dit is voorwaar prestasies om op trots te wees!
ADVERTISEMENT