Midmarmyl – Hoër Meisieskool Oranje se swemmers het Sondag hul staal gewys tydens die gewilde Midmarmyl en met puik prestasies uit die water gekom.
In die ouderdomsgroep 14–30 jaar het drie OMS-swemmers hul plek onder die top 50 van 853 deelnemers verseker:
- Meandri de Vos het in die 27ste plek geëindig met ’n tyd van 23:53.
- Ashleigh de Jager het ‘n 34ste plek behaal in 24:17.
- Marné van Rensburg het ‘n 43ste plek aangeteken met ’n tyd van 24:52.
Die jonger Oranjeniete het ook hul merk gemaak. In die kategorie 13 jaar en jonger, waar 403 swemmers meegeding het, het vier meisies in die top 50 klaargemaak:
- Ella van Viegen het 9de geëindig in 24:34.
- Inge Opperman het 11de plek behaal met 24:59.
- Livia Gutter het die 20ste plek in 26:09 aangeteken.
- Christie Snyders het 42ste geëindig met ’n tyd van 27:52.
Die Oranje Meisies het dus nie net hul skool se naam hoog gehou nie, maar ook gewys dat toewyding en harde werk vrugte afwerp. Met sulke sterk vertonings kan die toekoms van OMS-swem net blink wees.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








