Regstelling
Matrikulant van die Jaar. Kiara Subramanian, matrikulant van Eunice High School in Bloemfontein, het die kroon huistoe gebring! Sy is inderdaad die wenner van die Matrikulant van die Jaar 2025-kompetisie! Die eindronde van die 44ste Matrikulant van die Jaar-kompetisie van die Universiteit van die Vrystaat en Netwerk24/Volksblad is van 13 tot 15 Oktober op die Monte Bello-landgoed buite Bloemfontein gehou. Die wenner is wel Kiara Subramanian van Eunice High School in Bloemfontein en nie Zanell Dorfling soos vroëer berig is nie. Zanell was wel in die groep van 25 semi-finaliste, maar het nie as ’n finalis die eindronde bygewoon nie.
Sportprys
By die geleentheid is Marné Koen van die Hoërskool Die Brandwag in Uitenhage aangewys as die wenner van die sportprys. Dit is vir haar prestasies in atletiek, netbal, landloop en tennis. Burgert van Heerden van die Hoër Landbouskool Marlow in Cradock is as die Vonkelpersoonlikheid aangewys. Hulle het geldpryse van die Kovsie-Alumnitrust ontvang.
Hierdie finaliste en semifinaliste in die kompetisie is veelsydige matrikulante. Hulle presteer nie net akademies nie, maar blink ook uit op leierskap-, sport- en kultuurgebied. Baie van hulle is aktief betrokke in hul gemeenskappe en toon ook besondere leierskap.
Die Kovsie-Alumni Trust is die hoofborg van die kompetisie met ’n bydrae van altesaam R125 000. Ander borge is Absa (R85 000), Pick n Pay Preller Walk (mikrogolfoond en koopbewyse vir die 14 finaliste) en Forvis Mazars (R35 000). Forvis Mazars is ook die amptelike ouditeurs van die kompetisie.
Pryse ontvang
- Wenner – R25 000 prysgeld in sy of haar Absa-rekening ná registrasie in 2026 en ‘n studiebeurs van R15 000 van UV-Studentewerwing.
- Dertien finaliste – R12 000 prysgeld, ook ná registrasie, in ‘n Absa-rekening, en ‘n studiebeurs van R10 000 en ander geskenke van die borge.
- Twee spesiale pryse van R5 000 van die Kovsie Alumni-Trust word toegeken vir uitstaande persoonlike prestasies in sport en kultuur.
- Elf semifinaliste – R5 000 prysgeld van en ‘n studiebeurs van die UV (R5 000) sodra hulle in 2026 aan die UV registreer.
Veertien finaliste
Die 14 finaliste wat die eindrondte bygewoon het:
- Laura Andrade de Ponte, High School for girls, Potchefstroom
- Emile Dawson, Hoërskool William Pescod, Kimberley
- Jané de Villiers, Hoërskool Witteberg, Bethlehem
- Liam-Lloyd Doman, Hoërskool Voortrekker, Bethlehem
- Vindry Horne, Hoërskool Uitenhage
- Michelle Jacobs, Hoërskool Labori, Paarl
- Megan Johnson, Hoërskool Menlopark, Pretoria
- Marné Koen, Hoërskool Die Brandwag, Uitenhage
- Christiaan Kotzé, Hoërskool Fichardtpark, Bloemfontein
- Jenni Muller, Hoërskool Wilgerivier, Frankfort
- Samantha Mynhardt, Hoërskool Trio, Kroonstad
- Kiara Subramanian, Eunice School for Girls, Bloemfontein
- Burgert van Heerden, Hoër Landbouskool Marlow, Cradock
- Amoné Verwey, Hoërskool Jim Fouché, Bloemfontein
Die res van die top 25 (Semi-finaliste)
- Lisa Botha, Hoërskool Jim Fouché, Bloemfontein
- Denise Cilliers, C & N Meisieskool Oranje, Bloemfontein
- Niqlynn Coetzee, Hoërskool Jim Fouché, Bloemfontein
- Mia de Jonge, Goudveld-Hoërskool, Welkom
- Zanell Dorfling, Hoërskool Reitz
- Daniëlle Herbst, C & N Meisieskool Oranje, Bloemfontein
- Ilané Kotze, Reddam House Constantia, Kaapstad
- Dihani Müller, Hoërskool Wessel Maree, Odendaalsrus
- Janeli Saaiman, Hoërskool Jim Fouché, Bloemfontein
- Jana van Niekerk, Ooskus-Gimnasium, Oos-Londen
- Ané van Zyl, Hoërskool Voortrekker, Bethlehem

Lees meer uitstekende skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








