Matriekklas 2022. Hoërskool Linden se Dux-leerder van die matriekklas 2022, Franco Vosloo, is aangewys as die Top Student in Gauteng. Hierdie prestasie is binne die vakgebied Geografie, met ‘n finale punt van 99%. Wat ‘n uitstekende prestasie!
Franco het as dux-leerder ‘n ongelooflike gemiddeld van 95.86% en 7 onderskeidings behaal. Hy begin vanjaar met sy graad in medies aan die Universiteit van Witwatersrand. Hoërskool Linden is besonders trots op hierdie jong man wat harde werk, deursettingsvermoë en trots vir sy skool, ‘n nuwe betekenis gegee het.
“Baie geluk Franco, ons is trots op jou en hou jou met groot opgewondenheid dop!”
Hoërskool Linden is ook baie trots op die matriekklas 2022 wat die meeste onderskeidings ingepalm het. Die 110 leerders in die klas van 2022 het altesaam 274 onderskeidings ingepalm, 2.49 A’s per leerder.
Tien onderskeidings behaal: Bernard Greeff
Nege onderskydings ingepalm: Ben de Bruyn
Agt onderskeidings behaal: Stephan de Souza
Sewe onderskeidings: Franco Vosloo, Carla Dannhauser, Philip Stander, Megan Botha, Philip Calitz, Margaux le Roux.
Ses onderskeidings: Alana Viljoen, Ané Dannhauser, Caitlyn Coetzee, Chantel Hoffman, Kyle de Vos, Nathan Labushagne, Reinhardt van Zyl,
Vyf onderskeidings: Abigail Smit, Jacques Scheltema, Louwhan Hoffman, Marcel Steyn, Mischa Schoeman, Ruben Aucamp, Zahn Calitz.
Vier onderskeidings: Anika Oosthuizen, Chané Gambold, Clarissa Terblanche, Illouise du Plessis, Jodie Vermeulen, Larraine Esterhuizen, Moya Bolton, Neil Tomlinson, Ruan Krause, Tertius Le Roux.
“Welgedaan aan elkeen van die leerders, Linden is baie trots op julle!”
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf