)

MARLÉ EN TINKA IS DASSE-AMBASSADEURS IN SWITZERLAND

Marlé van Wyk, ‘n graad 12-leerder, en Tinka Fox, ‘n graad 11-leerder, van Hoërskool Langenhoven in Riversdal, het Suid-Afrika vanaf 1 – 4 Augustus 2019 te Nottwil, Switzerland, tydens die tweede Wêreld Paralimpiese Junior Atletiekkampioenskappe verteenwoordig.

Beide hierdie atlete het uitsonderlik presteer.

Marlé verower ‘n eerste plek in die 200m en ‘n tweede plek in die 100m. Sy bring dus ‘n goue medalje én silwermedalje na Dasseland.

Tinka verower ‘n vierde plek in spiesgooi en ‘n vyfde plek in gewigstoot.

Meer as 35 lande het deelgeneem, onder andere Spanje, VSA, Brittanje, Portugal, Egipte, Mexico, Italië ens.

Sewe rekords is tydens die byeenkoms verbeter, en vier van hulle deur Suid-Afrikaners.

Volgens Marlé was Suid-Afrika die land met die meeste gees.

Die ondersteuning wat die Suid-Afrikaners mekaar gegee het, is haar beste herinnering.

Sy wens sy kon almal in Suid-Afrika saamneem om te sien hoe hulle soos ‘n groot familie was.

Tinka se herinnering was die kameraadskap tussen die Suid-Afrikaners. Sy sê dat die manier hoe almal mekaar hanteer, ondersteun, gelukwens en regtig bly was vir mekaar se prestasies, is iets wat haar lank nog sal bybly.

Switzerland het verseker Marlé en Tinka se lewens verander.

 

Die skool en hele gemeenskap is BAIE TROTS op hierdie uitmuntende atlete!

 

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal