Vlnr: Janke Heenop, Georgine Heenop (afrigter) en Zoë Heenop.
Zoë en Janke Heenop, leerders van Hoërskool Langenhoven in Riversdal, het op Saterdag, 3 Augustus, aan die
Wes-Kaap Ritmiese Gimnastiek-kampioenskappe deelgeneem.
Hierdie twee gimnaste het mooi presteer.
Zoë behaal ‘n algehele vierde plek in vlak 9, O/15 en Janke ‘n algehele derde plek in vlak 10, oor 15 jaar en ouer.
Albei kwalifiseer vir die Wes-Kaapspan om einde September aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deel te neem.