)

Minette slaan ‘n kishou vir Punt Tennis!

Ses van Hoërskool Punt, Mosselbaai, se dogters is vanaf 7 tot 11 Augustus na Cradock vir deelname aan die Marilie Moolman Tennistoernooi.

Die dogters is vergesel deur  Mnr. Paul van Tonder (Afrigter) en Me. Mignet Smit (Spanbestuurder).

Dit was die 18e jaar wat hierdie toernooi aangebied is, maar dit was die eerste keer dat Punt ‘n dogtersspan ingeskryf het.

Daar was altesaam 16 skole van oor die land (10 seuns- en 6 dogtersspanne) wat aan hierdie spoggeleentheid deelgeneem het.

Die volgende dogters het Hoërskool Punt by die toernooi verteenwoordig:

Graad 8: Kayla Esselen en Mieke Theron

Graad 9: Anika Otto

Graad 11: Megan Leonard, Karen Theron en Minette van Zyl.

Hierdie dogters het te staan gekom teen die volgende skole:

  1. Paarl Girls High – die wenners van die 2017 toernooi
  2. Hoërskool Cradock
  3. Pearson High School van Port Elizabeth
  4. Eunice High School van Bloemfontein – die wenners van die toernooi vanaf 2010 tot 2014 en ook 2016
  5. Hoër Meisieskool La Rochelle, Paarl

Die kompetisie was baie sterk, en hoewel Punt se spelers slegs teen Cradock gewen het, kan hulle ongelooflik trots wees op die manier waarop hulle deelgeneem het.

Met elke wedstryd het hulle verbeter en was  baie ongelukkig om nie teen Eunice en LaRochelle te wen nie. Die dogters se veggees was regtig prysenswaardig.

Die twee spelers wat regtig uitgestaan het was Kayla Esselen en Mieke Theron.

Beide hierdie dogters het 4 van hul 5  wedstryde (enkels) gewen en saam het hulle al 5 hulle wedstryde (dubbels) gewen.

Tydens die prysuitdeling Saterdagaand het Minette van Zyl die Marilie Moolman Trofee ontvang.  Hierdie toekenning word gegee aan die speler wat die grootste impak op die toernooi gehad het.

Goeie gedrag, op en van die baan af,  is ‘n voorvereiste asook goeie sportmangees.

Hierdie toekenning simboliseer die speler wat as ‘n rolmodel voorgehou kan word aan juniors in Suid-Afrika.

Baie geluk, Minette, jy was regtig ‘n ambassadeur vir Hoërskool Punt!

Voor vlnr: Kayla Esselen, Megan Leonard, Mnr. P. van Tonder (Afrigter), Me. M. Smit (Spanbestuurder), Anika Otto en Karen Theron.
Agter vlnr: Mieke Theron en Minette van Zyl

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal