)

Malmesbury Veekunde Vasvrakompetisie – Augsburg Presteer

Malmesbury Veekunde Vasvrakompetisie. Augsburg Landbougimnasium het presteer by Malmesbury Veekunde vasvrakompetisie. Malmesbury se skaapstudiegroep het op Vrydag, 2 Augustus, weer hulle jaarlikse veekunde vasvrakompetisie aangebied.

Tydens die “Stockman” kompetisie het daar vier skole deelgeneem. Augsburg Landbougimnasium, Boland Landbouskool, Hoërskool Swartland en Hoërskool Porterville. Elke skool het tien graad 10-leerders ingeskryf. Die leerders het drie lesings by landboukundiges ontvang oor vleisklassifikasie, wolkunde en veesiektes. Daarna moes die deelnemers teoretiese en praktiese eksamens aflê.

Augsburg het vanjaar met ‘n derde plek weggestap in vanjaar se veekunde vasvrakompetisie. Baie geluk aan Marius Smith met daardie prestasie. Geluk ook aan Liezecke Louw, Dolan Delport en Jade Meyer wat in die finaal deelgeneem het. Augsburg is dankbaar vir mense soos Oom John Durr (Rooivleis Produsente Organisasie/Malmesbury Skaapstudiegroep) en sy span wat elke jaar so baie moeite met die jong landbouers doen en geleenthede soos hierdie skep. Baie geluk ook aan die Malmesbury Skaapstudiegroep se 40ste bestaansjaar en ook vir die groot impak wat julle in die Wes-Kaap op veeboerdery maak.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://augsburggim.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal