Malmesbury Veekunde Vasvrakompetisie. Augsburg Landbougimnasium het presteer by Malmesbury Veekunde vasvrakompetisie. Malmesbury se skaapstudiegroep het op Vrydag, 2 Augustus, weer hulle jaarlikse veekunde vasvrakompetisie aangebied.
Tydens die “Stockman” kompetisie het daar vier skole deelgeneem. Augsburg Landbougimnasium, Boland Landbouskool, Hoërskool Swartland en Hoërskool Porterville. Elke skool het tien graad 10-leerders ingeskryf. Die leerders het drie lesings by landboukundiges ontvang oor vleisklassifikasie, wolkunde en veesiektes. Daarna moes die deelnemers teoretiese en praktiese eksamens aflê.
Augsburg het vanjaar met ‘n derde plek weggestap in vanjaar se veekunde vasvrakompetisie. Baie geluk aan Marius Smith met daardie prestasie. Geluk ook aan Liezecke Louw, Dolan Delport en Jade Meyer wat in die finaal deelgeneem het. Augsburg is dankbaar vir mense soos Oom John Durr (Rooivleis Produsente Organisasie/Malmesbury Skaapstudiegroep) en sy span wat elke jaar so baie moeite met die jong landbouers doen en geleenthede soos hierdie skep. Baie geluk ook aan die Malmesbury Skaapstudiegroep se 40ste bestaansjaar en ook vir die groot impak wat julle in die Wes-Kaap op veeboerdery maak.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf