Die o/14 seunshokkiespan van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo het op Donderdag, 21 Junie 2018, by Curro Secunda aan die 8 sekonde uitspele gaan deelneem. Die uitspele moes plaasvind nadat beide die Liggies en Hoërskool Genl Hertzog gelyk in die 2de plek in hul poel geëindig het na afloop van die uitspeelwedstryde wat in Nelspruit plaasgevind het.
Beide die Ligbron en Hertzog het 3 uit 5 doele in die 8 sekondes aangeteken en moes voortgaan met ‘n “sudden death” waar Hetzog daarin geslaag het om die eerste doel aan te teken. Die o/14’s het hulle seisoen op ‘n hoë noot afgesluit deur so vêr in die liga te kom.
Op die foto bo:
Voor (v.l.n.r.): Zander du Preez, Dylan Roodt, Dirk Koch, Micael Jardim, John-Peter Krause en Alex Kriel. Agter staan (v.l.n.r.): Xander Lourens, Aphelele Bengu, Musawenkosi Phakathi, Sibonele Butelezi, Blake Schoeman, Tansanqa Mrubata, NW Bezuidenhout en Thabiso Zwane.