)

Liggies se O/14 seuns hokkiespan sluit seisoen af

Die o/14 seunshokkiespan van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo het op Donderdag, 21 Junie 2018, by Curro Secunda aan die 8 sekonde uitspele gaan deelneem.  Die uitspele moes plaasvind nadat beide die Liggies en Hoërskool Genl Hertzog gelyk in die 2de plek in hul poel geëindig het na afloop van die uitspeelwedstryde wat in Nelspruit plaasgevind het.

Beide die Ligbron en Hertzog het 3 uit 5 doele in die 8 sekondes aangeteken en moes voortgaan met ‘n “sudden death” waar Hetzog daarin geslaag het om die eerste doel aan te teken.  Die o/14’s het hulle seisoen op ‘n hoë noot afgesluit deur so vêr in die liga te kom.

Op die foto bo:

Voor (v.l.n.r.): Zander du Preez, Dylan Roodt, Dirk Koch, Micael Jardim, John-Peter Krause en Alex Kriel.  Agter staan (v.l.n.r.): Xander Lourens, Aphelele Bengu, Musawenkosi Phakathi, Sibonele Butelezi, Blake Schoeman, Tansanqa Mrubata, NW Bezuidenhout en Thabiso Zwane.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal