Die o/14A rugbyspan van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo het op Woensdag, 20 Junie, tuis teen Hoërskool Ermelo uitgedraf vir ‘n merkwaardige wedstryd. Die wedstryd het die 3- en 4de plek in Mpumalanga bepaal, maar daar was ook vir beide spanne baie op die spel weens die feit dat die wenner ook deurdring na die Virsekerbeker uitspele. Die Liggies het nie terug gestaan nie en wen die wedstryd 24-15. Die o/14A’s dring nou saam met die Computer Connection o/15A’s en die Ligbron Calstar Group Eerstespan deur na die Virsekerbeker uitspele. Baie geluk Liggies.