Baie geluk aan die vyf rugbyspelers, van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, wat gekies is vir die onderskeie o/15 Mpumalanga rugbyspanne. Njabulo Maseko en Munashe Dukuswa is verkies tot die o/15A-span en Sias Jacobs, Monteo Meyer en Martin Meyer is al drie verkies tot die o/15B-span.
Op die foto bo v.l.n.r.:
Munashe Dukuswa, Monteo Meyer, Sias Jacobs, Martin Meyer en Njabulo Maseko.