Baie geluk aan twee van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo se hokkie-dogters wat vir die o/19 SA Bokkiespan verkies is. Foto bo: Nicola Bruwer en Suné Mostert was albei in die o/19 Hoëveld Bokkiespan wat vanjaar as wenners van die toernooi geëindig het. Hulle is ook albei verkies tot die SA Bokkiespan wat vanaf tot na Rusland sal toer. Me. Ilze Aucamp was ook die o/19 Hoëveld Bokkiespan se afrigter en is ook aangewys as die SA Bokkiespan afrigter.
Nog ‘n Liggie hokkiespeler, Zené Jonker, wat in die o/16 Hoëveld Bokkiespan opgeneem was, is verkies tot die o/16 SA Prisidente-span wat gedurende die Oktober-vakansie na Namibië sal toer. JP Louw, een van die Liggies se rugbyspelers wat tot die o/16 Hoëveld Bokkie rugbyspan verkies is, is ook opgeneem in die o/16 SA Rugby Prisidente-span wat gedurende die Oktober vakansie na Georgia sal toer.