Liam van Wyk, ’n leerling aan die Hoër Jongenskool Paarl , het by die 7de Goju-Kai-wêreld-kampioenskapsbyeenkoms ’n bronsmedalje in die kumite-(gevegs-) afdeling gewen.
Die byeenkoms het in Vancouver in Kanada plaasgevind. Liam is ’n student van die Goju Kai-karateskool en het in 2016 sy swart gordel verwerf.
Op die foto bo: links van Liam staan sensei Charl Roux en regs van Liam is sjihan Francois du Plessis.