Leeuwenhof Akademie, Bedfordview, het vanjaar die twaalfde Snuitersimfonie-konsert aangebied. Dit is ‘n jaarlikse hoogtepunt die skool waar die Jewish Guild Orchestra hulle vermaak met pragtige klassieke musiek.
Leeuwenhof se talentvolle leerders het die gaste met die intrapslag baie welkom laat voel met die tromme en marimbas.
Beide die Junior- en Seniorkoor het ook opgetree.
Dit was voorwaar ‘n heerlike konsert met mooi musiek en sang.