)

Leeuwenhof Akademie handhaaf homself dinamies op alle gebiede

Leeuwenhof Akademie is ‘n Afrikaanse Privaatskool gevestig in Christelike waardes en norme wat strek vanaf gr. 000 – gr. 12.

Die skool is geleë in Bedfordview en spog met ‘n leerdertal van ongeveer 800 leerders.

Die skool het sy deure vir die eerste keer geopen in Januarie 1996 en vier vanjaar sy 22ste  bestaansjaar.

ONS VISIE

Om ‘n unieke Christelike Afrikaanse privaatskool te wees wat homself dinamies op alle gebiede handhaaf.

ONS MISSIE

Om binne ‘n Christelike Afrikaanse etos ’n vennootskap tussen onderwysers, ouers en leerders te ontwikkel en daardeur individue te kweek wat hulself uitnemend en volgens hul vermoë in ‘n dinamiese wêreld in alle areas kan handhaaf.

Ons is verenig rondom ‘n stel waardes wat ons visie en onderwyspraktyk vorm.

Ontdek… TOELATINGSVEREISTES:

Leeuwenhof Akademie Voorskool

Gr.000 – Gr.0

Ongeveer 130 leerders

Maksimum 22 leerders per klas

Ouderdom:   Die jaar waarin die kleuter 4 word

Voorvereiste:    Moet “gradering” in toiletgebruik                                       reeds geslaag het.

Dokumentasie:  Afskrif van geboorte-sertifikaat.                                           Verslaggies, indien beskikbaar.                                            Afskrif van ouers Identiteitsdokumente

 

Leeuwenhof Akademie  Laerskool

Gr.1 – Gr.7

Ongeveer 360 leerders

Maksimum 22 leerders per klas

 

Dokumentasie:  Afskrif van geboortesertifikaat                                             2 Laaste jare se skoolrapporte                                             Ander toepaslike verslae (bv. Terapeute)                            Afskrif van ouers Identiteitsdokumente

 

Leeuwenhof Akademie Hoërskool

Gr.8 – G.12

Ongeveer 320 leerders

 

Maksimum 24 leerders per klas

Dokumentasie:  Afskrif van geboortesertifikaat                                             2 Laaste jare se skoolrapporte                                             Ander toepaslike verslae (bv. Terapeute)                            CV van die leerder  (Bewyse van                                         uitsonderlike prestasies aangeheg)

Toelatingsprosedure:  Bg dokumentasie word na die                                             hoof en komitee deurgestuur,                                            waarna die leerder vir ‘n                                                      onderhoud genooi kan word.

 

Bg dokumentasie kan per hand by die skool ingehandig word of per e-pos gestuur word aan:

marketing@leeuwenhof.co.za

Kontakpersoon:  Mev. Marsha Wagner

Indien ‘n leerder toelating ontvang:

Voltooi die kontrak volledig (Beskikbaar by die bemarkingskantoor)

‘n Bedrag van R3 000 verseker die leerder se plek/inskrywing

Ontdek… ons skool, sy laatwaai-energieke-taai leerders, loslip-personeel en lewendige kultuur:

Verskeie geleenthede beskikbaar om meer van ons te leer:

Kuier:  Kom kuier ‘n dag of 2 by ons in die klaskamer, …op die terrein en kom klim saam met ons in die buitemuurse aktiwiteite.

Hierdie is ‘n wonderlike geleentheid wat aan jou gebied word om werklik ‘n ware beeld van ons skool te kry.  Onthou, verandering van skool is  ‘n  stap wat behoorlik gestap moet word. Daarom;  snuf oral rond,  stap jou spore, vra jou vrae en spits jou ore!  Hopelik klets jy so lekker hier op ons bodem dat jy soos klitsgras aan Leeuwenhof bly klou!

( ‘n Afspraak kan met ons bemarkingsbestuurder, Marsha Wagner by die skool geskeduleer word)

Hoe lyk ek, wat bring ek saam tydens my kuier, en waar meld ek aan? :

Huidige skooldrag, tas, skryfbehoeftes, gemaklike sportklere indien jy wil deelneem aan die sportaktiwiteite die middag, en kos vir die dag.

Jy mag  gratis van die busvervoer gebruikmaak – bevestig dit net asb met mev. Wagner sodat die nodige reëlings getref kan word.

Die oggend van jou kuier-kans meld jy om 08:15 aan by die betrokke skool (HS/LS) se ontvangslokaal waar iemand reeds op jou wag.

Opedae:

Kom besigtig die skool saam met jou ouers op ‘n Donderdag.  Die skool se bemarkingsbestuurder sal julle graag rondneem en al julle vrae beantwoord.

Beskikbare tye:  09:00 – 09:50

10:00 – 10:50

11:00 – 11:50

12:00 – 12:50

Kontak die kantoor (011 622 1806), vra vir die bemarkingskantoor en skeduleer jou afspraak  (ook per e-pos:  marketing@leeuwenhof.co.za) met Marsha Wagner en siedaar!

Ontdek… dat taal-tameletjies tot op die been deurtrap word!

Leeuwenhof Akademie is ‘n Afrikaanse skool, met ‘n Afrikaanse kultuur…  Ons is trots Afrikaans!

 

 

 

 

 

 

Leeuwenhof Akademie Voorskool

 

 

 

Klaskamertaal en speelgrondtaal is Afrikaans

Ons het wel enkele Engelsprekende maats… en ons kleuters is maar al te gretig om so in hul eie Engelse woordskeppings saam te gesels.

Indien kleuters “rou” Engels is, word hul voor toelating eers geëvalueer deur ons hoof en terapeute, waarna die impak met die ouers bespreek sal word.

Ons tree eerste op in belang van die kind, daarom sal geen leerder toegelaat word , indien die taal-aspek nadelig op die kleuter kan inwerk nie.

Kleuters word wel blootgestel aan Engels en ander tale, deur middel van gediggies, liedjies ens.

 

 

 

 

 

 

 

Leeuwenhof Akademie  Laerskool

 

 

 

Medium van onderrig: Afrikaans

Kampustaal:  Afrikaans

Engels as akademiese vak:  word slegs as ‘n Eerste Taal aangebied

Indien leerders met ‘n ander taal as Afrikaans Eerste Taal by die skool aansoek doen, kan die leerder eers getoets word deur ons terapeute om vas te stel wat die impak van Afrikaans as Klaskamertaal op die leerder sal hê.

Op grond van die uitslag sal bepaal word of die leerder toelating ontvang, al dan nie. (Daar sal altyd eerste in belang van ons kinders opgetree word)

Ons leerders se Engels is goed;  ons het al Engelse skole gewys waar Dawid die wortels begrawe het, tydens Public Speaking byeenkomste.

 

 

 

 

Leeuwenhof Akademie Hoërskool

 

 

 

Kampustaal:  Afrikaans

Medium van onderrig:  Parallelmedium;  leerders het die keuse om in Afrikaans of in Engels onderrig te ontvang. Handboeke, vraestelle en onderrig vind dan plaas op grond van voorkeur.  Vanaf Gr. 10 is onderrig in kleiner vakke dubbel medium.

Skrywes is oorwegend in Afrikaans

Saalopeninge:  Afrikaans

Daar is ‘n goeie verhouding tussen ons Afrikaans- en Engelssprekende leerders.

Ontdek… dat ‘n uitdaging ons leerders nie koudsit nie…Kurrikulum

VOORSKOOL:

By die voorskool beleef ons elke dag as ‘n wonder van leer en speel

Opgeleide /gekwalifiseerde onderwyseresse

Deeglik en gebalanseerde voorbereiding op o.a. emosionele-, perseptuele-, sosiale-, kognitiewe, taal- en motoriese vlakke.

Spesialiseer in die vestiging van die voorvaardighede vir lees, skryf en wiskunde

Kleuters word as individue benader  vir beste moontlikheid tot ontwikkeling.

Kurrikulum is gebaseer op die Nasionale Kurrikulum Verklaring, maar aansienlik uitgebrei en verryk .

Aktualisering van kennis d.m.v. uitstappies en interessante instappies.

Identifikasie van uitvalle en leerprobleme vind so gou as moontlik plaas.

Deurlopende assesering.

Terapeute op die terrein.

LAERSKOOL

Verantwoordbare opvoeding waar alle opvoedingsaktiwiteite, akademie, sport en kultuur vanuit ‘n Christelike geloofsoortuiging geskied.

Resente lewensinhoude om in ‘n veranderde wêreld die regte keuses te maak.

Hoë premie op gebalanseerde lewenswyse

Totaliteitsopvoeding wat op volgende 4 pilare staan:  Lewensvaardighede, Akademie, Sport en Kultuur

Verrykte Nasionale Kurrikulum met differensiasie.

Integrering van die multi-media inligtingsentrum

Toepassing van boeliebeleid

Streng dissipline

Uitgebreide buitemuurse program

Terapeute op die terrein

Toere, kampe, akademiese uitstappies

HO?RSKOOL

Hoë onderwysstandaarde vervleg met Christelike waardes en norme om u kind voor te berei vir die uitdagings van die lewe.

Vir ons volledige matriekuitslae vir 2017, klik op die volgende skakel:

Matriek Uitslae 2017

Persoonlike aandag

Goed-gekwalifiseerde personeel.

Deelnemende onderwys, nuutste tegnologie om te verseker dat u kind net die beste geleenthede kry.

IEB (Independent Examination Board) sillabus wat internasionaal aanvaar word.

Klem op toepassing van kennis.

Vanaf Gr. 10 dubbelmedium in kleinder klasse.

Parallel medium  onderrig

Uitgebreide buitemuurse program

Toere, kampe en akademiese uitstappies.

Ontdek… dat jy met die bus vervoerprobleme vinnig  fnuik!

… en  dat jou rande voorwaar ‘n belegging is wanneer jy dit in jou kind belê!

Ontdek…  die gerief van die naskoolsentrum

Die Naskoolsentrum tree in werking vanaf 16:00 – 17:45 (Maandag – Donderdag)

14:00 – 17:45 (Vrydag)

Waar:  Op die terrein van ons Voorskool

Koste:  R300 per maand per leerder, betaalbaar oor 12 maande

Dagbesoekers besoek die sentrum @ R40 per middag (14:30 – 17:45).  Daar word ook voorsiening gemaak vir ‘n vakansieklub.  Die naskoolsentrum sal gesluit wees gedurende Desembervakansies asook publieke vakansiedae.

Kontakpersone – (kontak asb tussen 14:00- 16:00 gedurende weeksdae):

Mev. Tercia van Aswegen – 072 592 2962

Mev. Jeannine Lamprecht – 084 580 5599

Ontdek…’n dinamiese skool op die webwerf:  www.leeuwenhof.co.za

Ontdek…die bemarkingskantoor

Neem die hoofingang na die skool

Teken in by die sekuriteitswag wat u/jou by die hek sal ontvang.

Eerste gebou op regterhand.

Ons vriendelike ontvangsdame, Mev. Margaret Bothma,  sal jou graag help.

Let wel:  Maak verkieslik ‘n afspraak om teleurstelling te voorkom;  belangstellende kliënte wat reeds vooraf afsprake geskeduleer het, sal voorkeur geniet.

Die bemarkingsbestuurder/skakelbeampte het ook talle besoeke/afsprake weg vanaf die kantoor en sal nie noodwendig beskikbaar wees indien u nie ‘n afspraak geskeduleer het nie…

Ontdek…die skool waar kinders leerders is wat streef… ontdek!…en groei.

…. Waar is ons?

Leeuwenhof Akademie is op die hoek van Geldenhuis- en Antonstraat in Bedfordview.

Vanaf Alberton:  Neem Van Buuren afrit (N12)

Draai links by die eerste verkeerslig.

Die skool lê op linkerhand van die volgende verkeerslig (Antonstraat).

Vanaf Edenvale/Benoni/Kemptonpark/Boksburg:

Neem Van Buuren afrit (N12)

Draai regs by die verkeerslig.

Ry onderdeur die brug.

Kruis die verkeerslig.

Die skool lê op linkerhand van die volgende verkeerslig (Antonstraat).

Ontdek ‘n span wat op jou wag!     Welkom!

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal