Verlede Vrydag aand, die 12 de Januarie 2017 is 2 leerlinge van CVO Gromar Privaatskool vereer by ‘n Glansgeleenthied  waar al die toppresteerders van al die CVO skole vereer is.
Al die leerlinge wat opgedaag het was formeel aangetrek en het dit ‘n onvergeetlike prentjie gevorm.
Lidia Pretorius wat 3 onderskeidings behaal het, het 2 trofees ontvang. Sy het die beste punte behaal in Rekenaartegnologie en Geografie.
Marne de Jager, Gromar se hoofmeisie van 2018 is ook aangewys as die beste hoërskool sportdogter van al die CVO skole. Marne het ook die afgelope vakansie saam met die Bokkie netbalspan in Engeland gaan toer . Hulle 0/17 span wen dan ook 5 van die 6 wedstryde.
Baie geluk aan hierdie 2 dogters van CVO Gromar. Ons is baie trots op julle.