CVO Gromar van Groblersdal in Mpumalanga, behaal uitstekende matriek-uitslae.  Die CVO_kandidate van 2017 se IEB-eksamen het ‘n slaagsyfer van 100% behaal. Dit is ‘n verbetering op 2016 slaagsyfer van 98,4% asook 2015 se slaagsyfer van 95%.
Altesaam het die 124 voltydse kandidate 125 onderskeidings verwerf. Hanru Schoeman van CVO Potgietersrus het 7 onderskeidings en Louis Boshoff van dieselfde skool het 6 onderskeidings asook een vir die gevorderde Afrikaans, dus het hy ook 7 onderskeidings behaal. JDP Bothma van CVO Dankbaar in Bloemfontein en BPJ Grobler van CVO Lichtenburg het elk 6 onderskeidings behaal. Etienne Fourie van Privaatskool Hoëveldrif vir CVO in Bethal het 5 onderskeidings behaal.
Vyf kandidate het vier onderskeidings behaal.
Schoeman is onder die algehele top 5% van IEB presteerders. Hy en Boshoff is onder die top 1% presteerders in Afrikaans Huistaal. Boshoff is ook onder die top 1% presteerders van IEB in Engels Eerste Addisionele Taal en Lewenswetenskap. Die beste presteerders in van die vakke kry op 12 Januarie 2018 tydens ‘n formele dinee erkenning vir hulle prestasies.
CVO-Skole is onafhanklike Christelike Afrikaanse skole landwyd.