)

CVO Gromar behaal uitstekende matriek-uitslae

CVO Gromar van Groblersdal in Mpumalanga, behaal uitstekende matriek-uitslae.  Die CVO_kandidate van 2017 se IEB-eksamen het ‘n slaagsyfer van 100% behaal. Dit is ‘n verbetering op 2016 slaagsyfer van 98,4% asook 2015 se slaagsyfer van 95%.

Altesaam het die 124 voltydse kandidate 125 onderskeidings verwerf. Hanru Schoeman van CVO Potgietersrus het 7 onderskeidings en Louis Boshoff van dieselfde skool het 6 onderskeidings asook een vir die gevorderde Afrikaans, dus het hy ook 7 onderskeidings behaal. JDP Bothma van CVO Dankbaar in Bloemfontein en BPJ Grobler van CVO Lichtenburg het elk 6 onderskeidings behaal. Etienne Fourie van Privaatskool Hoëveldrif vir CVO in Bethal het 5 onderskeidings behaal.

Vyf kandidate het vier onderskeidings behaal.

Schoeman is onder die algehele top 5% van IEB presteerders. Hy en Boshoff is onder die top 1% presteerders in Afrikaans Huistaal. Boshoff is ook onder die top 1% presteerders van IEB in Engels Eerste Addisionele Taal en Lewenswetenskap. Die beste presteerders in van die vakke kry op 12 Januarie 2018 tydens ‘n formele dinee erkenning vir hulle prestasies.

CVO-Skole is onafhanklike Christelike Afrikaanse skole landwyd.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal