Vanaf 15 Januarie 2017 het die nuwe graad 8’s reeds by EHS begin aankom!
Die opwinding was tasbaar en al die nuwe gesigte sien – saam met die ander Erries – uit na 2018.
Welkom aan al ons graad 8-Vinke wat in die volgende vyf jaar by die EHS gaan groei en ontwikkel in formibidale Valke; van Vink tot Valk, inderdaad!
Baie sterkte aan al die Erries, maar veral die graad 8’s en graad 12’s vir die besige program wat vir julle voorlê in die volgende paar weke.