Lusanti Brundyn, graad 12-leerder van EHS was gedurende die Desembervakansie as eerste violis deel van die Suid-Afrikaanse Jeugorkes.
Die groep het vanaf 6 tot 16 Desember 2017 ‘n intensiewe kursus in Johannesburg gehad waar daar vir die eerste drie dae meesterklasse aangebied is deur ‘n Hollandse leermeester. Hulle het tot sewe ure per dag geoefen! Hulle vasberadenheid is tot die uiterste getoets!
Daar is drie optredes in Johannesburg en Pretoria gehou met ‘n dirigent vanuit die VSA!
Die Erries is besonder trots op Lusanti wat deel is van die orkes wat uit 70 lede bestaan waarvan die ouderdomme wissel tussen 13 en 25 jaar.
Mag jou klanke van jou viool soet bly in die toekoms, Lusanti!