Leerderraad 2025/26 Inhuldigingseremonie.
Op Maandag, 25 Augustus, was die Leerderraad van 2025/26 se amptelike inhuldigingseremonie. Dit het tydens ’n elegante en betekenisvolle seremonie by Doxa Deo, Fichardtpark, plaasgevind. Die geleentheid het nie net ’n viering van nuwe leierskap ingehou nie. Dit was ook ’n oproep tot ’n hoër roeping – om leiers te wees soos Paulus dit in die Skrif voorgehou het. Leiers wat deur hul woorde én dade ’n pad baan wat ander inspireer om Christus te volg.
Die boodskap aan die nuwe korps was duidelik: ’n ware Fichie-leier stap nie net vooruit nie, maar roep ander om saam te stap. Dit word gedoen met integriteit, deernis en ’n onwrikbare toewyding aan die kernwaardes van Hoërskool Fichardtpark.
Baie geluk aan die onderhoofleiers, Aiden Britz en Asha Joory, asook aan die hoofleiers, Mari Truter en Dian Visagie. Hulle het reeds met hul intree-toesprake die gehoor diep geraak. Hul visie, gegrond in Spreuke 3:6 en Jesaja 41, het ’n kragtige rigting aan die nuwe termyn gegee. Dit sluit ’n rigting van geloof, moed en diensbaarheid in.
Mag hierdie termyn vir elke lid van die Leerderraad ’n reis wees van groei, karakterbou en ware inspirasie. En mag jul harte vir altyd BLOU klop – met trots, passie en ’n onwrikbare liefde vir Fichardtpark.




Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








