COSSASA Spele. Franzelle Barnard verteenwoordig SA by COSSASA Spele.
Hoërskool Jim Fouché se talentvolle atleet, Franzelle Barnard, het ’n uitsonderlike mylpaal bereik deur gekies te word vir die Suid-Afrikaanse Skole Atletiekspan. Sy neem deel van 23 tot 28 Augustus aan die COSSASA Spele in Eswatini (voorheen Swaziland), waar sy teen topatlete van ander Afrikalande sal meeding.
Franzelle is ingesluit in die span vir haar uitmuntende prestasies in hoogspring o.16. Haar deelname aan hierdie internasionale byeenkoms is ’n bewys van haar harde werk, toewyding en talent. Om onder die land se voorste baan- en veldatlete uitgelig te word, is ’n prestasie van formaat — en ’n trotse oomblik vir haar skool en gemeenskap.
🎉 Ons wens Franzelle alle sterkte toe en hou duimvas vir ’n hoogspring van formaat!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf









