
Landloopdag. In samewerking met Hoërskool Rustenburg se Old Boys het RHS op 24 Julie ‘n onvergeetlike en diverse landloopbyeenkoms aangebied. Die NWN-skole se vriendskaplike landloopbyeenkoms het ’n rekordgetal deelnemers opgelewer.
Die Rusties se meisiespanne het by die landloopdag gesorg vir baie opwinding en albei die junior- en seniordogters het die dag gewen.
Junior dogtersspan:
- Lee-Ann Swanepoel (3de)
- Ava Twigga (4de)
- Ané de Bruin (5de)
- Danique Prinsloo (6de)
- Kayla Pienaar (8ste)
Die senior dogters:
- Chanté Kruger (2de)
- Angelique du Plessis (3de)
- Talitha du Preez (4de)
- Nikita Neto (7de)
- Kiara Neto (8ste).

Meer skolenuus: https://www.schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf