Landboutegnologie. Hoërskool Witteberg, Bethlehem, het in Januarie 2022 amptelik begin met sy splinternuwe vakpakket. Landboutegnologie, met `n nuut-opgerigte landboulaboratorium, is nou tot beskikking van die leerders. Landbouwetenskappe as vak is reeds in 2017 infaseer. Die skoolbestuur en beheerliggaam het egter die besluit geneem om die departement uit te brei met die volle vakpakket.
Witteberg Agri het dan ontstaan om hierdie hele departement te verteenwoordig.
Witteberg Agri sal fokus op die individu ter voorbereiding vir `n naskoolse kwalifikasie in hierdie beroep. Die Landbousektor van Suid-Afrika is een sektor wat altyd die basis van ons bestaan sal vorm. “Dit is ook ons wens vir elke leerder wat hierdie vakkpakket neem om `n kwalifikasie van so aard te verseker om na skool, met selfvertroue, hierdie loopbaan na te jaag.”
Die vakpakket word tans vir Graad 10 tot 12 leerders aangebied. Vanaf 2023 sal Graad 8 en 9 leerders ook moontlik Landboustudies as opsionele vak kan neem.
Die Laboratorium spog tans met agt ingerigte stasies. Dit sal die leerders in staat stel om praktiese projekte maklik uitvoerbaar te kan maak. Toerusting sluit in swysmasjiene, bore, soldering, slypmasjiene en vele meer. Die aftrekking wat die vak tans geniet het die beheerliggaam genoodsaak om verdere ontwikkeling te beplan om die departement uit te brei.
Daar is tans gesprekke met verskeie landbouinstellings om affliiasies met die skool te sluit. Sodoende word daar vir die Witteberg-leerder `n platform geskep om nóg meer te ontwikkel.
Witteberg sal eersdaags die amptelike opening van die laboratorium vier.
Agricultural Technology
Witteberg High School, Bethlehem, officially started with its brand new subject package in January 2022. Agricultural Technology, with a newly constructed agricultural laboratory will now also be at the disposal of the learners. Agricultural Sciences as a subject was already phased in during 2017. However, the school management and governing body took the decision to expand the department with the full subject package.
Witteberg Agri was then created to represent this entire department.
Witteberg Agri will focus on the individual in preparation for a post-school qualification in this profession. The Agricultural sector of South Africa is also one sector that will always form the basis of our existence. “It is also our wish for every learner who takes this subject package to also secure a qualification of such a nature to pursue this career after school, with confidence.”
The subject package is currently offered to Grade 10 to 12 learners. From 2023 Grade 8 and 9 learners may also be able to take Agricultural Studies as an optional subject.
Eight furnished stations currently boasts the laboratory. This will also enable the learners to make practical projects easily feasible. Equipment include pointing machines, drills, soldering, grinders and many more. The importance the subject is currently enjoying has also forced the governing body to plan further development to expand the department.
There are currently discussions with various agricultural institutions to close afflations with the school. In this way a platform is created for the Witteberg learner to develop even more.
Witteberg will soon celebrate the official opening of the laboratory.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za