Landbounuus. Dit is lamtyd! Landbounuus van Augsburg, Clanwilliam, is dat hulle vanjaar spog met meer meerlinge as ooit tevore! Sommige van die eenlinge weeg knap onder die 7kg met geboorte!
Die graad 10-leerders samel al die data in en werk in skofte van soggens 05:00 af tot saans baie laat. Hulle “Lamprojek” vorm ‘n groot gedeelte van hulle Praktiese Assesseringstaak (PAT’S) en leerders moet ‘n stewige geskrewe taak inhandig aan die einde van lamtyd.
Augburgs probeer die veekomponent meer winsgewend maak deur beter genetika te gebruik, beter te voer en waarde toe te voeg deur middel van beter rekordhouding en presisieboerdery. Die graad 10’s moet ook leer hoe om data te verwerk en aanvevelings te maak. Hierdie aanbevelings word tydens begrotingstyd aan Augsburg se plaasbestuurder voorgelê. Die leerders het dus ‘n geleentheid om Augsburg se kleinvee te verbeter.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf