)

Laerskool Thabazimbi Artisticulta Redenaars

Laerskool Thabazimbi is super trots op hul Artisticulta Redenaars. Hierdie Redenaartjies het vanaf 11 tot 13 Julie aan die Finaal van die Artisticulta Redenaarskompetisie by Laerskool Wierdapark in Pretoria deelgeneem. Hierdie was ‘n landswye kompetisie en skole uit die volgende Provinsies het aan die finaal deelgeneem: Limpopo, Gauteng, Mpumalanga, Vrystaat en die Noord-Kaap.

Laerskool Thabazimbi se redenaartjies het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt.

Melanie Robberts (Gr 7) behaal ‘n vierde plek in die onvoorbereide afdeling, Nickie Lintvelt behaal ‘n derde plek ook in die onvoorbereide afdeling, Milan Stander (Gr 1) behaal ‘n eerste plek in die voorbereide afdeling, Duan van der Nest (Gr 3) behaal ‘n tweede plek voorbereide afdeling en Odelia van der Nest (Gr1) behaal ook ‘n tweede plek in die voorbereide afdeling.

Baie dankie aan me Retha Grobler en Melinda Doubell, ons afrigters, vir julle harde werk en toewyding.

Agter vlnr: Melanie Robberts en Nickie Lintvelt

Voor vlnr: Milan Stander, Duan v.d. Nest en Odelia van der Nest

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal