Laerskool Thabazimbi is super trots op hul Artisticulta Redenaars. Hierdie Redenaartjies het vanaf 11 tot 13 Julie aan die Finaal van die Artisticulta Redenaarskompetisie by Laerskool Wierdapark in Pretoria deelgeneem. Hierdie was ‘n landswye kompetisie en skole uit die volgende Provinsies het aan die finaal deelgeneem: Limpopo, Gauteng, Mpumalanga, Vrystaat en die Noord-Kaap.
Laerskool Thabazimbi se redenaartjies het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt.
Melanie Robberts (Gr 7) behaal ‘n vierde plek in die onvoorbereide afdeling, Nickie Lintvelt behaal ‘n derde plek ook in die onvoorbereide afdeling, Milan Stander (Gr 1) behaal ‘n eerste plek in die voorbereide afdeling, Duan van der Nest (Gr 3) behaal ‘n tweede plek voorbereide afdeling en Odelia van der Nest (Gr1) behaal ook ‘n tweede plek in die voorbereide afdeling.
Baie dankie aan me Retha Grobler en Melinda Doubell, ons afrigters, vir julle harde werk en toewyding.
Agter vlnr: Melanie Robberts en Nickie Lintvelt
Voor vlnr: Milan Stander, Duan v.d. Nest en Odelia van der Nest