Dylan Swarts en Calum Visagie van Hoërskool Strand het vanaf 17-19 Mei aan die Arnold Classic Africa 2019 deelgeneem. Dit is die grootste multisportfees in Afrika – met meer as 20 000 deelnemers wat aan 86 verskillende sportsoorte deelneem. Daar het vanjaar 77 deelnemers aan “speed cubing” deelgeneem.
Dylan Swarts het die volgende prestasies behaal:
• GOUE MEDALJE
4x4x4 blok terwyl deelnemer geblinddoek is: 10 minute 45 sekondes (nuwe Suid-Afrikaanse rekord)
• SILWER MEDALJES
o 6x6x6 blok – gemiddelde van 3 tye van 3 minute 18,35 sekondes
o 7x7x7 blok – gemiddelde van 3 tye van 5 minute 8,59 sekondes
o 3x3x3 blok veelvuldige blokke terwyl deelnemer geblinddoek is – 5 uit 9 blokke in 40 minute 47 sekondes
BRONS MEDALJE: 5x5x5 blok – gemiddelde van 5 tye van 1 minuut 34 sekondes