Die afgelope naweek het die Kaapstad Distrik-proewe vir Artistiese gimnastiek plaasgevind. Hoërskool Strand se gimnaste, Mia du Plessis, Armin du Plessis en Kaylee Puren het goed presteer.
Mia du Plessis: Algehele 2e plek met silwer medalje (Vlak 6 13-17jr)
Armin du Plessis: Algehele 5e plek (Vlak 5 13jr)
Kaylee Puren: Algehele 2e plek met silwer medalje (Vlak 4 13-17jr)
Hierdie gimnaste kwalifiseer om Distrik Kaapstad te verteenwoordig tydens Wes-Kaap Kampioenskap wat in Augustus plaasvind.