)

Hoërskool Cradock presteer tydens sporttoernooie

Die wintervakansie is tradisioneel die tyd van interprovinsiale en nasionale sporttoernooie wat landwyd in ‘n verskeidenheid van sportsoorte plaasvind. Hoërskool Cradock se leerders is jaarliks goed verteenwoordig by hierdie toernooie, en vanjaar was geen uitsondering nie. Sewe van die skool se leerders was betrokke by rugby-, hokkie-, netbal- en tennistoernooie.

Ruaan Fourie, Raymond Tom en Liyema Bobelo was ingesluit in die 0.19 O.P.Platteland Rugbyspan wat aan ‘n nasionale toernooi op Reitz in die Vrystaat plaasgevind het. Tien spanne was vanaf 21-26 Junie betrokke by die hierdie jaarlikse toernooi vir platteland-spanne wat vanjaar vir die 22ste keer plaasgevind het.

Die afrigter van CHS se eerste rugbyspan, mnr. Dru Nass, was ook die afrigter van die O.P.Platteland span. Die spelers het besonder goed presteer en Raymond Tom het die eer te beurt geval om ingesluit te word in ‘n 7’s-span wat na afsluiting van die toernooi gekies is, en later vanjaar in Dubai gaan deelneem. Raymond Tom het ook ‘n gedeeltelike beurs by die Sharks Rugby-akademie losgespeel.

Die All Ages-netbaltoernooi het vanaf 17-21 Junie in Bosburg plaasgevind. Twee leerders van Cradock Hoërskool is gekies om O.P.-spanne tydens hierdie toernooi te verteenwoordig. Lenay Booysen het die 0.18-span gehaal en Angela Nqabisa was ingesluit in die 0.16-span.

Zanel Philps was ingesluit in die Oostelike Provinsie se o.14A-hokkiespan wat aan ‘n interprovinsiale toernooi in Bloemfontein deelgeneem het. Hierdie span het besonder goed gevaar en was die wenners van die toernooi. Nicola Koegelenberg was gekies as nie-reisende reserwe van die O.P. o.16A-hokkiespan wat aan die nasionale toernooi in Pietermaritzburg deelgeneem het.

Nicola Koegelenberg het ook besonder goed presteer op tennisgebied.

Sy het die Oostelike Provinsie 0.16-span in ‘n interdistrikte toernooi op George verteenwoordig. Die span het baie goed vertoon en die tweede plek behaal. Nicola het uitstekende tennis gespeel en vyf van haar ses wedstryde gewen.

Die skool kan met reg trots wees op al hierdie leerders.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal