)

Hoërskool Cradock sportdag vs Hoër Volkskool

Op Saterdag, 13 Julie, het Hoërskool Cradock Hoërskool se rugby-,netbal- en hokkiespanne tuis teen die Hoër Volkskool kragte gemeet.

Op die rugbyveld was die wedstryde gekenmerk deur harde aanskoulike rugby. Hoërskool Cradock se eerstespan was terdeë bewus van die feit dat ‘n moeilike wedstryd vir hulle sou voorlê, aangesien Volkskool se eerste span ‘n baie goeie seisoen beleef. CHS het probeer om die wedstryd teen ‘n baie hoë tempo te speel om sodoende Volkskool se swaar pak voorspelers moeg te maak.

Die vinnige tempo het vroeg vrugte afgewerp deurdat CHS twee drieë aangeteken het deur die bal vining deur die hande te vat en wyd te speel. Een van hierdie drieë is verdoel vir ‘n vroeë 12-0 voorsprong. Volkskool het geantwoord met ‘n verdoelde drie en ‘n strafdoel net voor rustyd deur CHS se losskakel, Raymond Tom, het die telling op 15-7 te staan gebring.

In die tweede helfte het CHS verskeie geleenthede geskep om punte aan te teken, maar die afronding het ontbreek. ‘n Tweede verdoelde drie deur Volkskool, gevol deur nog ‘n Raymond Tom-strafdoel het die telling kort voor die einde op 18-14 te staan gebring. Met vier minute speeltyd oor en CHS stewig op die aanval, het omkeerbesit en ‘n blabs op verdediging veroorsaak dat Volkskool kon oorgaan vir ‘n langafstand drie onder die pale. Eindtelling CHS 18, Volkskool 21.

Ander rugby-uitslae teen Volkskool:
o/14: CHS 7 – Volkskool 10
o/15: CHS 60 – Volkskool 0
o/16: CHS 15 – Volkskool 40
2de span: CHS 10 – Volkskool 15

Op die hokkieveld was die wedstryde net so kompeterend. Die derde span het ‘n uitstekende vertoning gelewer en Volkskool met 3-1 die loef afgsesteek. Alhoewel die eerste en tweede spanne beide verloor het, het hulle uitstekende hokkie gespeel. CHS is besonder trots op die uitmuntende sportmangees wat die hokkiespanne hierdie jaar getoon CHS het verlede Saterdag met sewe netbalspanne teen Volkskool op hul tuisbaan gespeel.

Volkskool het ‘n uitstekende seisoen beleef en baie van die skole in die omgewing baie ver gewen. CHS se eerstespan was reg van die begin af onder druk en na die eerste kwart was die telling 9 – 3 in Volkskool se guns. Teen rustyd het Volkskool met 17 – 8 voorgeloop. In die derde kwart het verbroude doele en swak spel veroorsaak dat Volkskool hul voorsprong na 23 – 12 kon rek. CHS het ‘n beter vierde kwart gespeel, maar Volkskool het die wedstryd met 27 – 16 gewen.

Die o.19B-span het met 18 – 9 verloor. Die o.16A-span het ‘n goeie oorwinning van 19 – 13 behaal. Die o.16B’s het gerieflik met 33 – 6 gewen, terwyl die o.14A’s met 20 – 12 verloor het.

Die o.14A-span het ook teen Volkskool se o.14B’s gespeel en het 5 – 3 gewen. Die o.16A’s het 7 – 4 verloor.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal