)

Hoërskool Upington Ruiters skitter in die VSA

Jessi Wessels, ‘n graad 11 leerder van Hoërskool Upington, was die afgelope vakansie in die Verenigde State van Amerika as ‘n lid van die Junior Protea Vyfgangspan wat aan ‘n internasionale ruiterkuns kompetisie by die Cascade Stables in New Orleans deelgeneem het.

Hierdie kompetisie het oor twee dae gestrek en is voorafgegaan deur ‘n oefenkamp waar al die ruiters met hul gekose perde kon oefen. Die Amerikaanse span het die Suid-Afrikaners uitgestof en die Sa span het die silwer medalje verower.

Jessi het uitstekend gevaar en sy is op die tweede dag van hierdie kompetisie aangewys as die algehele beste ruiter in haar klas, wat bestaan het uit 15 ruiters. Dit is voorwaar geen geringe prestasie nie!

Benewens perdry, het die span ook die Withuis in Washington DC besoek en ‘n draai gaan maak by N.A.S.A, ‘n stoombootrit op die Missispirivier was ook een van die hoogtepunte. Vir Jessi was hierdie ‘n onvergeetlike ervaring en kan sy nie wag om weer te begin oefen met die oog op die wêreldbeker wat volgende jaar in Suid-Afrika plaasvind nie.

Baie dankie aan Hoërskool Upington vir die ondersteuning en rol wat die skool gespeel het om haar droom te verwesenlik.

Foto: Anja Dercksen -Lid van Senior Protea Vyfgangspan en Jessi Wessels

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal