)

Uppies se eie skole-tennis Protea

Elanie Brand van Hoƫrskool Upington,is op 27Junie amptelik in die Senior SA skole tennisspan opgeneem. Dit is die hoogste vlak van SA kleure wat in tennis behaal kan word op skolevlak.

Hulle het op 27 Junie na London vertrek waar daar ā€˜n baie besige week op hulle gewag het. Die 28ste Junie het hulle ā€˜n Sunset Ride op die London Eye gehad. Hulle was ook na die London Dungeon en Madame Tussauds, waar hulle fotos geneem het saam die gewildste wasbeeldhelde in sport asook akteurs.

Op Saterdag, 29 Junie, het hulle vertrek na die Sutton Tennis Academy (Sport Engeland) waar hulle die hele dag tennis gespeel het. Elanie het top 3 gespeel in die SA span en daarom het sy 2 enkels gespeel waarvan sy altwee oortuigend gewen het. Die eerste enkel se telling was 6-0 en 7-5. Die tweede enkel se telling was 6 -1 en 6-0. Dit was ā€˜n UTR (Universal Tennis Ranking) toernooi. Dit beteken dat jy Internasionaal meeding teen jou sterkste posisie in die SA span.

OP Sondag, 30 Junie, was hulle na London waar hulle na die ongelooflike optog kon kyk van die ā€˜Ć§hanging of guards’ by Buckingham Palace. Die hekke van die paleis is van goud en dit is ingevoer vanaf Suid-Afrika. Dan het hulle ook na die Big Ben, House of Parliament, St Paul’s Cathedral, British Science Museum, British Art Museum, Londo Bridge, Tower Bridge gegaan en aan die einde van ā€˜n baie besige dag, eet hulle roomys in die St James Park.

Op Maandag 1 Julie en Dinsdag 2 Julie, het hulle die voorreg om 2 volle dae tennis te kyk by Wimbledon. Hulle het groot name gaan kyk, soos Kevin Anderson (ons eie Suid-Afrikaanse tennisheld), Dominic Thiem, Simona Halep, Maria Sharapova, Alexander Zwerev, Venes Williams (wat deur die 15 jarige Cori verslaan is) en John Isner. Hulle was ook by Roger Federer en Novac Docovic se opwarmingsoefeninge.

Op Woensdag, 3 Julie, was hulle na die Windsor Castle. Die namiddag het hulle na Heathrow lughawe vertrek waar hulle die aand weer teruggevlieg het na Suid Afrika.

Soos Elanie sĆŖ, ā€œdit was ā€˜n baie besige week, maar beslis ā€˜n toer wat sy nie sommer sal vergeet nieā€.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – HoĆ«rskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wĆŖreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ā€˜n vasberade leerder van HoĆ«rskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…Ā  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…Ā  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal