Laerskool-tennistoernooi. EHS-tennis het op Vrydag, 24 Maart, ‘n laerskool-tennistoernooi aangebied. Dit was die eerste keer dat Hoërskool Ermelo ‘n laerskool Dubbels-tennistoernooi aanbied.
Na die rondomtaliewedstryde was dit duidelik dat daar sterk kompetisie was met ‘n paar spanne wat gelykop geëindig het. Die finale uitspeelwedstryde was skouspelagtig met Johan Potgieter en Michaél Ronquest wat uitgetree het as die wenners. Woldemar Winckler en Lehan Toerien was die naaswenners.
Hoërskool Ermelo is trots op elkeen van die dertig spelers van ’n verskeidenheid laerskole wat deelgeneem het. EHS sien met verwagting uit na die volgende laerskool-tennisgeleentheid.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








