EHS Groentjieskonsert. Erries se jaarlikse EHS groentjieskonsert het op Woensdag, 22 Maart plaasgevind. Hierdie opwindende uitdaging bied vir elke leerder ’n geleentheid om te ontwikkel en om onder druk te kan werk.
Die graad 11-dirigente van elke huis is verantwoordelik vir die uitwerk en afrigting van ’n huisdans, asook vir kostuums en inkomste voor die optog. Hierdie jaar se temas was “Van passasier tot vlieënier, Errie-tude, eerlikheid, ’n advertensie van ’n lugredery, nuusberig, voorgeskrewe Flintstones-karakters en ’n graad 8-groepdans op “Danger Zone”.
Elke huis het hulself uitstekend van hul taak gekwyt en die kwaliteit konserte en danse wat opgevoer is, is uitstaande.
EHS Groentjie Concert. Erries’ annual EHS rookie concert took place on Wednesday, March 22. This exciting challenge offers every learner an opportunity to develop and to work under pressure.
The Grade 11 conductors of each house are also responsible for working out and coaching a house dance, as well as for costumes and income before the march. This year’s themes were “From passenger to pilot, Errie-tude, honesty, an airline ad, news release, prescribed Flintstones characters and also a Grade 8 group dance on “Danger Zone”.
Each house did an excellent job and the quality concerts and dances performed are outstanding.
Die uitslae is as volg:
- Beste dirigente inkoms: Huis Veltman
- Beste hulpdirigente: Nelstehuis
- Beste huisdans: Nelstehuis & Veltman
- Beste tema uitgebeeld: Nelstehuis
- Beste advertensie: Nelstehuis
- Beste kostuums: Dorp
- Beste dekor: Huis Veltman
- Beste groepdans in konsert: Nelstehuis
- Beste humor: Nelstehuis
- Beste gebruik van verrassing van die aand: Dorp
- Beste storieverteller: Miané Swanepoel (Nelstehuis)
- Beste akteur: Willem Jacobsz as “Pienk” (Dorp)
- Beste aktrise: Michaela Stock as “Barney” (Nelstehuis)
- Meriete-toekenning: Aletha Kloppers (Dorp)
- Beste konsert: Nelstehuis
- Algehele wenner: Nelstehuis
Aan die einde van die kompetisie het die eenheid van Hoërskool Ermelo egter geseëvier,as gevolg van die gesonde kompetisie tussen die huise.
Mag die EHS-groentjieskonsert altyd bly voortleef as een van die Erries se ryke tradisies.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf