Chrisna Sterley, Elandré van Loggerenberg en Joáni Jacobs, leerders van Laerskool Stulting op Humansdorp, het onlangs Sarah- Baartman by die Winterspele in Oos-Londen verteenwoordig.
Alhoewel daar strawwe kompetisie was, het hulle goed gevaar en goeie ondervinding opgedoen. Chrisna Sterley het die 5de plek in die o/13 groep behaal. Stulting is baie trots op hierdie leerders!
Foto bo:Â Hier is die top 8 meisies en seuns wat aan die Winterspele deelgeneem het.