Laerskool Stulting se rugby- en netbalspanne het die naweek aan die Aloe Cup in Jeffreysbaai deelgeneem. Goeie spel is gelewer en die leerders het dit terdeë geniet.
By die rugby is Akhumzi Masoka as Stulting se beste speler van die toernooi aangewys.
Hier is ook‘n paar van die uitslae:
· Knysna: wen 22-5
· Jeffreysbaai: verloor 5-26
· Beaumont: wen 12-7
· Sunridge: verloor 12-19
Stulting se o/12 netbalspan het 4 de geëindig tydens die toernooi en Caylin Young is aangewys as die beste aanvallende speler van die toernooi.
Foto bo: Afrigters, Mnr. Wian Pienaar en Mnr. Louis Janeke, by Stulting se o/11 rugbyspan.