Agt van Laerskool Stulting, Humansdorp, se leerders het onlangs aan die semi-finale kompetisie in Oos Londen deelgeneem. Heinrich Human, Rudolph Gerber,Tessa Gerber, Melita Steyn, Xean-C Rupping, Annelé Landman, Birkita Holtzhausen en Mienke Brits het hul beste gegee en puik gevaar in hulle onderskeie afdelings.
Die volgende leerders is gekies om aan die Nasionale kompetisie deel te neem, wat 12 Oktober
in Pretoria plaasvind: Heinrich Human, Mienke Brits, Tessa Gerber (sy is gekies om aan twee items deel te neem) en Clarissa Venter.
Stulting is geweldig trots op elkeen van hierdie leerders!
Foto bo: Xean-C Rupping en Melita Steyn opgewonde voor hul groot oomblik!