Van links die medalje wat Handro ontvang het vir sy deelname aan die Suid Afrikaanse Junior Skaak Kampioenskappe en regs die sertifikaat wat hy ontvang het vir sy puik spel tydens die Boardwalk Pearston League Toernooi.
Handro van laerskool Stulting, Humansdorp, het onlangs aan die 2de rondte vir die o/10 OP Skaakproewe deelgeneem. Hulle het 5 rondtes gespeel waarvan hy 3 gewen het. Hy en sy spanmaats het ook elkeen ‘n medalje ontvang vir hul deelname aan die Suid Afrikaanse Junior Skaak Kampioenskappe.
Daar lê nog 2 proewe voor asook 2 oop toernooie waaraan hy sal moet deelneem om te kan kwalifiseer vir die o/10 OP Skaakspan. Hy het ook die afgelope naweek aan die Boardwalk Pearston League Toernooi deelgeneem waar hy 2 gewen en 1 gelykop gespeel het.
Welgedaan Handro! Stulting is baie trots op jou!