Wat is dan nou lekkerder as die heerlike reuk van spitbraaivleis in die lug? Voeg nou kampstoele, tente, musiek, vriende, goeie geselskap en die geluid van laggende en spelende kinders by en jy het ‘n wenresep vir ‘n heerlike kuier.
Die o/13 rugbyspan van Laerskool Stulting het ‘n spitbraai en kampaand gehou ter insameling van hulle toer na Ricbeek-Kasteel later vanjaar. Die ma’s en pa’s het weereens met groot entoesiasme ingespring met al die reëlings om dit ‘n onvergeetlike aand te maak.