Die spelers na die groot oorwinnig!
So sluit laerskool Stulting dan nou ook die jaar behoorlik af tydens die onnies vs die o/13 netbalmeisies se jaarlikse derby. Met skitterende bal- en voethantering, het die onnies die wenpunte aangeteken. Die o/13’s het wel laat blyk dat dit nie heeltemal regverdig was dat die menere so lank is nie… Dan praat ons ook liewer nie verder oor die krieketkolf (en ook ‘n paar ander goed!) wat een van die onnies as ‘n verdedigings-meganisme ingespan het nie. Soos elke jaar vantevore, het die arme o/13’s nie ‘n kat se kans teen die hoogs gemotiveerde onnies gestaan nie.