Laerskool Stulting het 23 November hul “King of the pitch” wedstryd gehad waar die o/11 en die o/13 krieketspanne mekaar die stryd aangesê het.
Met geen kroekery het die o/13 span gewen. Stulting se onderwysers het toe die o/13 span aangevat. Die onderwysers het natuurlik gewen!
Daarna het die ouers die onderwysers aangevat in ‘n titaniese stryd. Vanselfsprekend het die onderwysers ook hierdie wedstryd gewen! Wat ‘n pragtige dag van samewerking en kuier… Onderwysers, ouers en kinders het Stulting beslis vir ‘n 6 geslaan met die lekker kuier en samesyn.
Â