Juffrou Shené saam met haar o/8 netbalspan na ‘n heerlike wedstryd.
Laerskool Stulting van Humansdorp se  o/7, o/8 en o/9 netbalspanne het verlede week by Primêre Skool Graslaagte aan ‘n Mini-Netbaltoernooi deelgeneem.Â
Die leerders het rondomtalie-wedstryde teen verskeie skole gespeel. Sommige van die skole teen wie hulle gespeel het, was Laerskool Jeffreysbaai, VSC, St. Patrick Primary en Kruisfontein Primary School, om net ‘n paar van die skole te noem.Â
Die leerders het baie goed gespeel en die dag geweldig baie geniet! Â